Boek: Padda en die vreemdeling

Padda-en-die-vreemdelingMax Velthuijs

Rot, ’n vreemdeling, slaan kamp op aan die ander kant van die rivier. Padda se maats is vies – Rot is anders as hulle. Hy hoort nie daar nie. Hulle waarsku vir Padda om weg te bly van hom af, want alle rotte is vuil, dom en grillerig. Maar Padda besluit om vir Rot beter te leer ken. En wat ’n verrassing! Rot kan lees en skryf en drie tale praat! Verder is hy altyd vrolik en hulpvaardig. Padda is baie hartseer toe Rot weer vertrek, maar Rot belowe om eendag terug te kom om ’n brug oor die rivier te bou…

Oor die outeur

Max Velthuijs (1923-2005) was ‘n Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy “blywende bydrae tot kinderliteratuur”. Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.