Boek: Padda is Padda

Padda-is-paddaMax Velthuijs

Padda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het ook nie ʼn talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders!

Padda is Padda is ʼn storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook ʼn lewensles. Die storie verduidelik dat elke kind uniek is en oor sy eie talente beskik – dit maak hom nie beter of slegter as ʼn ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is! Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.

Padda is Padda is ook nou beskikbaar in Sesotho, Zoeloe en Xhosa.

Oor die outeur

Max Velthuijs (1923-2005) was ‘n Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy “blywende bydrae tot kinderliteratuur”. Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.