Boek: Padda is verlief

Padda-is-verliefMax Velthuijs

Padda voel vreemd. Hy het ’n versnelde hartklop, kry warm en koue gloede en wil lag en huil tegelyk. Dan besef hy: hy is verlief op Eend! Maar daar is een probleem: Padda is groen en Eend is wit … Volgens Padda se maats is dit onmoontlik dat ’n groen padda en ’n wit eend mekaar kan liefhê. Maar Padda bewys aan sy maats dat liefde geen grense het nie.

Padda is verlief is ʼn storie vol pret en pragtige illustrasies, met ʼn belangrike lewensles vir kinders so jonk as 3.

Oor die outeur

Max Velthuijs (1923-2005) was ‘n Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy “blywende bydrae tot kinderliteratuur”. Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.