Boek: Paddington

Paddington-voorbladMichael Bond

Hierdie is ‘n drie-in-een boek! Afrikaanse vertaling van Paddington.

’n Naamlose beertjie uit Donker Peru beland op Paddington Stasie met slegs ’n tas, ’n halfleë fles marmelade en ’n etiket wat lees: “Kyk asseblief mooi na hierdie beer.” Die Browns besluit om dié hoflike beertjie in hul huis te verwelkom en noem hom Paddington – na die stasie.

Nou is Paddington soos ’n lid van die Brown-gesin. Hy kan ’n hele lys maak van redes waarom dit lekker is om by die Browns te woon, en een daarvan is dat hy kan deel in hul pragtige tuin. Al het Paddington nou nie juis groen vingers nie, besluit hy om bietjie navorsing te doen en sy eie rotstuintjie te maak, net betyds vir Nasionale Tuinmaakdag. Maar sal die beoordelaars van sy oranje, marmelade-besmeerde klippe hou?

Toe daar ’n pretdag in die buurt gehou word, kan die kompeterende Paddington skaars sy opgewondenheid bedwing. Dinge verloop egter nie volgens plan nie … Sal hy ooit ’n goue medalje wen?

Paddington-beer se stories vermaak kinders regoor die wêreld al vir meer as vyf dekades.

Oor die outeur

Thomas Michael Bond is ‘n bekroonde Engelse skrywer, die beste bekend vir sy Paddington-reeks.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.