Boek: Padlangs deur die lewe

Padlangs deur die lewedeur Jimi le Roux

Jimi le Roux se daaglikse oordenkings, Padlangs, bestaan al meer as 11 jaar en word aan meer as 7 000 intekenare uitgestuur. Padlangs deur die lewe is ’n uitvloeisel van dié oordenkings.

Geloof is meer as net passief stilsit. Jimi daag lesers in Padlangs deur die lewe uit met vier spesifieke aspekte wat duidelik onderskei word met ikone: Lees, dink, bid en doen. Dit wat jy lees, is bedoel om diep oordink te word en dan daaroor in gesprek met God te tree. Hy moedig lesers ook aan om iets spesifieks te gaan doen om te bou aan hul geloof. Temas soos beleef God, mense is belangrik en aanvaar jouself sal lesers lei tot sterker geloof.

Die 366 dagstukke in Padlangs deur die lewe sal elke leser weer vars na hul geloof laat kyk en hulle motiveer om op te staan vir dit waarin hulle glo.

Oor die outeur:
Jimi le Roux is ’n lewens- en geestelike begeleier. Terwyl hy sy ordinansie by die kerk behou, is hy in die bevoorregte posisie om voltyds te doen wat in sy hart is: geestelike leiding te gee deur oordenkings, kursusse, coaching-programme asook prediking, lering en konsultasie aan gemeentes. Hy is ook voltyds betrokke by internetbediening. Jimi het ’n MA in Bybelkunde en ’n honneursgraad in sielkunde, hy is ook ’n geakkrediteerde dosent aan die CGTS en bied vakke tot op honneursvlak aan in praktiese teologie.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169.95*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.