Boek: ‘Pampoenpit se groen gevoel’ – Bianca Flanders

Bianca Flanders

Hierdie storie vertel hoe ʼn mens jou omgee moet vind wanneer jy ʼn groen gevoel van jaloesie kry.

“Pampoenpit voel aaklig.
Haar skooldag was so goor.
Megan het ʼn prys gewen.
Pampoenpit het verloor.
Die kwaad stoot in haar keel op
en haar gesig word rooi,
haar lip begin te bewe
en haar neus trek op ʼn plooi.”

Pampoenpit se groen gevoel is die tweede boek in Bianca Flanders se Pampoenpit-reeks. Dit word gelyktydig in Afrikaans en Engels uitgegee en is geskik vir kinders vyf jaar en ouer.

Oor die skrywer

Flanders is ʼn aktrise, stemkunstenaar en onderwyser wat in Kaapstad woon. Sy het in 2011 haar dramagraad aan die Universiteit van Kaapstad (UK) behaal. In die daaropvolgende jaar, het Flanders ook ʼn nagraadse sertifikaat in onderwys by dié instelling verwerf. Vir haar akteurswerk ontvang Flanders in 2016 ʼn Fleur de Cap-nominasie vir haar rol as Miela in Kristalvlakte. In 2018 word sy ook genomineer vir ʼn WoordTROfees-toekenning vir haar rol as Amelia in The Demon Bride. Wanneer sy nie werk nie, is Flanders besig om te kook. Of sy wandel graag soos die meeste Kapenaars langs die Seepunt-promenade.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.