Arina du Plessis
’n Kinderpartytjie is lank nie meer net koekbak en balonne opblaas nie. Jy stort baie tyd, liefde en geld in dié dag om dit ekstra spesiaal vir jou kind te maak. Met vele temas om uit te kies bied Partytjies is pret 5 hope inspirasie:
• 20 temas met koeke om uit te kies
• 12 bykomende kolwyntjieversierplanne
• stap-vir-stap instruksies
• kreatiewe idees vir uitnodigings, versierings, geskenkpakkies en kos en drinkgoed wat pas by die tema
• iets vir elke smaak, ouderdom en begroting
• partytjielekkernye wat maklik is om te maak
Met pragtige foto’s en hope partytjie-idees, is Partytjies is pret 5 die perfekte gids vir ’n flopvrye kinderpartytjie!
Oor die outeur:
Arina is ’n vryskut-kosskrywer en tans kosredakteur van die tydskrif Landbouweekblad. Sy het al twee resepteboeke, Onthaal – vars idees en resepte vir enige kuier en Plaaskos, die lig laat sien.
Sy het ook saam met Bernice van der Merwe die uiters suksesvolle en gewilde Partytjies is Pret-reeks die lig laat sien.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R185-00*
*Prys onderhewig aan verandering