Boek: Pa’s en seuns

Pas-en-seuns.jpgAngus Buchan

Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daargestel het. God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en ’n voorbeeld vir hulle seuns te wees.

Angus Buchan moedig pa’s in Pa’s en seuns aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Die boek moedig terselfdertyd ook seuns aan om hul verhouding met hulle pa te koester en so een van dié belangrikste gesinsbande te versterk.

Temas wat in Pa’s en seuns bespreek word, sluit in: ’n pa se aanvaarding, rolmodelle, genade en respek, nederigheid teenoor hoogmoed, opoffering, wat maak iemand ’n pa en onversetlike liefde.

Pa’s en seuns sal elke pa oortuig om die pa te wees wat God wil hê hy moet wees en wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hê.

Oor die outeur:

Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die Woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R129,95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.