Boek: Pensie spoeg vuur

pensie spoeg vuur

Stefanie Dahle

Twaalf wonderbaarlike stories van drake en feë en kabouters in ‘n wêreld vol avonture, geïllustreer deur die bekroonde Stefanie Dahle. Daar is Joris, die groot draak met die sagte hart, Mommel wat vet pret het met die ridders, Pensie die jong drakie wat moet leer om vuur te spoeg, en vele meer…

Stefanie Dahle se lieflike, delikate illustrasies is betowerend mooi en maak hierdie pragtige bundel vol kort voorleesstories perfek vir grootmense en kinders om saam te geniet.

Hier wag ‘n onvergeetlike fantasieskat!

Oor die outeur:
Stefanie Dahle is in 1981 in Schwerin gebore en reeds as kind het sy ure lank na prenteboeke gekyk of op kamermure geteken. Sy het illustrasiekuns bestudeer aan die Tegniese Universiteit Hamburg en skep deesdae self fantasieryke en wondermooie prenteboekwêrelde waarin mens jou ure lank kan verloor. Sedert 2007 werk sy eksklusief vir Arena Uitgewers.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.