Boek: ‘Plekname van Suider-Afrika’

Prof. Peter E. Raper, Dr. Lucie A. Möller en Theodorus du Plessis

Plekname van Suider-Afrika is die Afrikaanse vertaling en hersiening van die vierde uitgawe van die Dictionary of Southern African Place Names. Dit is bygewerk met al die jongste pleknaamveranderings en bevat sowat 9 000 inskrywings oor die oorsprong en betekenis van onder meer name van dorpe, stede, riviere, berge en streke.

Oor die skrywers

Prof. Peter E. Raper is buitengewone hoogleraar en navorsingsgenoot in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat, lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SA Akademie), sowel as ʼn lid van die beheerraad van die IGU/ICA-kommissie oor toponimie.

Dr. Lucie A. Möller is navorsingsgenoot in die Fakulteit Geestewetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat en lid van die SA Akademie. As professionele pleknaamkundige en afgevaardigde van Suid-Afrika by die Verenigde Nasies se groep deskundiges oor geografiese name het sy tien kursusse in samewerking met lidlande van die Afrika-Suid-afdeling van die UNGEGN aangebied.

Theodorus du Plessis is professor in Taalbestuur en hoof van die Departement Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Dowestudies aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is sedert 2000 hoofredakteur van Van Schaik Uitgewers se reeks “Language Policy Studies in South Africa” en sedert 2010 ook van SUN Media se reeks “Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor”.

Plekname van Suider-Afrika is deur Cornelia Geldenhuys in Afrikaans vertaal.

Prys: R495,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.