Boek: Plons

Boek_Plons.jpgFanie Viljoen

Henry kan sy geluk nie glo toe ’n vreemde meisie op ’n dag hul deurklokkie lui nie. Sy is baie mooi – met lang vlegsels, oulike sproete en blou oë. En nog belangriker – sy bied aan om hulle swembad skoon te maak. Dit beteken Henry hoef nie meer dié aaklige werk te doen nie!

Maar dan vind Henry uit Mila het ’n geheim. Sy is ’n meermin.

En toe hy sy oë uitvee, het haar hele meerminfamilie – en hul meerminhond – hulle pens en pootjies in die swembad tuisgemaak. En Mila se ouma Mollie is ’n skoorsoekerige ou meermin wat selfs haar troetel-seeperdjies saambring en nie juis ’n geheim daarvan maak dat sy sommer in die swembad piepie nie.  Hoe op aarde gaan hy van die spulletjie ontslae raak?

’n Heerlik humoristiese storie vir lesers van 9-12 jaar oud.

Oor die outeur:

Fanie Viljoen het in Welkom grootgeword. Sy boeke vir jonger lesers is propvol humor en avontuur, en sluit titels in soos die Slym-reeks, Klou en Oe la la, Lulu. Afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook ’n kunste-naar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Hy is onder meer bekroon met die Sanlamprys vir Jeuglektuur, die M.E.R.-prys en verskeie ATKV Kinderboektoekennings.

Oor die illustreerder:

Arnelle Woker is ’n illustreerder wat in Kaapstad woon en werk. In 2008 verwerf sy ’n  graad in Inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria. Sedertien werk sy in die  animasie en grafiese ontwerpindustrie.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R89.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.