Boek: Pootjies

Richard Jones

Pootjies is ’n hondjie sonder ’n huis van sy eie. Sy soeke na ’n blyplek neem hom na die groot, besige straat. Hy is honger en eensaam, en word by eetplekke weggejaag. Terwyl hy vlug, verloor hy boonop sy enigste besitting – ’n mooi, rooi serp. Moedeloos hardloop hy weg en krul homself op in ’n balletjie. Maar dan kom vra ’n vriendelike dogtertjie hom of hy dalk sy serp verloor het, en Pootjies kry uiteindelik ’n huis.

Oor die outeurs en vertaler

Richard Jones is ook die illustreerder van die internasionale topverkoper The Snow Lion, wat deur Jim Helmore geskryf is. Dit is in Afrikaans vertaal en in 2018 deur Protea Boekhuis as Die sneeuleeu uitgegee. Pootjies is Jones se eerste boek wat hy self geskryf en geïllustreer het.

Dit is deur Kristèl de Weerd vertaal.

Genre: Prenteboek
Ouderdom: Drie tot agt jaar
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.