Boek: ‘Poppedonsie’ – Carla van der Spuy

Carla van der Spuy

Agt stories, een vir elke aand, oor ’n dogtertjie en haar ouma. Poppedonsie is ’n kleuter wat pas begin stap het en saam met haar onhebbelike ouma, wat die een flater ná die ander begaan, allerlei avonture beleef. Poppedonsie is die verteller wat alles raaksien en Ouma is altyd in die moeilikheid by Mamma.

Ouma word elke keer uitgevang, maar sy word ook elke keer vergewe, want sy en Poppedonsie is onafskeidbaar.

Ouma glo dat jellie speelgoed is, klim met klere en al saam met Poppedonsie in die skuimbad en meng Poppedonsie se ertjies met Smarties sodat dit lekkerder proe.

Dít is mos hoe ’n ouma moet wees.

Oor die skrywer

Carla van der Spuy is ’n bekroonde vryskutjoernalis en skrywer van niefiksieboeke, waaronder Mens of Monster (2012), Bloed op haar hande (2015) en Mishandel, misbruik, misken: Joey Haarhoff was my ma (2016). Van der Spuy se reguit, openhartige gesprekke en haar gemaklike skryfstyl lei na indiepte- en ware lewensverhale.

Prys: R165,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Minimal Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsabe ·

Dierbaar!! Ek noem my kleindogter Poppedyntjie. Hierdie boek laat my aan ons twee dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.