Boek: ‘Poppie Viool en die Swartwoud-arende’

Jan Vermeulen

Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is ʼn viool wat al lank in die familie is. Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot soos katte is en oor die mensvreter-arende … Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand aan professor Mancini, ʼn pratende portret, voorgestel word. Hy is eintlik ʼn musiekonderwyser. Hy laat Poppie besef dat haar viool baie spesiaal is … en dat die musiek van haar viool die krag het om mensvreter-arende se harte te verander sodat hulle uiteindelik weer mense word.

Poppie Viool en die Swartwoud-arende is ʼn boeiende storie, pragtig vertel deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Die storie van Poppie Viool sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde.

Prys: R170,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.