Boek: Populêr

Populer.jpgTindell Baldwin

Op 15 moes Tindell Baldwin ’n keuse maak – bly op die pad wat haar Christelike gesin aangedui het, of klim die sosiale leer wat duidelik vir die gewildste meisie baie pret sou verseker. Sy het haar keuse gemaak en uitgegaan om die lewe te lei wat sy gedink het sy wou hê.

In Populêr deel sy uitdagende, rou insigte oor haar jongmeisie-reis deur hoërskool. Sy vertel van die plekke waarheen sy nooit beplan het om te gaan nie en die seer wat sy nie verwag het om te ervaar nie. Sy skryf helder en eerlik om enigiemand te help wat dit oorweeg om dieselfde pad te volg.

Populêr is verdeel in twee dele – die een wat die skadukant van ’n jong meisie se lewe wys, en dan volg die ligkant waar sy vertel hoe sy teruggestrompel het na God en sy genade ontdek het.

Oor die outeur:

Tindell Baldwin het in Atlanta, Georgia, grootgeword en is die enigste dogter tussen drie seuns. As tydelike onderwyseres by verskeie hoërskole het sy agtergekom dat haar eie verhaal dié van baie jong meisies weerspieël en sy het geroepe gevoel om haar verhaal te deel. Tindell en haar man woon in Atlanta saam met hul kinders. www.tindellbaldwin.com

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R149,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.