Boek: Praktiese gids vir vryskutvertalers

Corinne McKay

“Ek is ʼn professionele vryskutvertaler, maar waar kan ek werk kry?” Dit is seker die topvraag onder vryskutters wat uit vertaling ʼn bestaan probeer maak. Die antwoord op hierdie vraag kry jy in Bemark jouself aan vertaalagentskappe: ʼn Praktiese gids vir vryskutvertalers.

Dit is nie ʼn akademiese vakpublikasie nie, maar wel een van min beroepsgerigte handleidings met praktiese raad wat op die vryskutvertaler gemik is. Hier kan jy alles lees oor hoe om in die plaaslike en internasionale agentskapmark vastrapplek te kry as beginner- en ervare vryskutvertaler, asook oor die voordele en nadele van vertaalagentskappe as kliënte.

Onderwerpe wat bespreek word, sluit in:

  • wat om in gedagte te hou voor jy met jou bemarking begin
  • hoe om ʼn CV op te stel wat resultate kry
  • tegnieke vir hoe om goeie agentskappe op te spoor
  • kontakmetodes vir hoe om by agentskappe aansoek te doen
  • hoe om ná jou aansoek by agentskappe op te volg
  • hoe om rekord te hou van jou bemarkingsaktiwiteite
  • hoe om die plaaslike agentskapmark te benader
  • die voordele en nadele van aanlyn werksportale
  • hoe om oor tariewe te onderhandel en vertaaltoetse te hanteer
  • veranderinge in die agentskapmark om in gedagte te hou
  • lesers se vrae oor agentskappe met nugter antwoorde (in Afrikaans en Engels) wat leiding bied.

Oor die skrywer

Corinne McKay is ʼn voormalige president van die Amerikaanse Vertalersvereniging (ATA), stigter van die opleidingsportaal vir vertalers, trainingfortranslators.com, en skrywer van How to Succeed as a Freelance Translator, waarvan meer as 12 000 eksemplare al verkoop is.

Bemark jouself aan vertaalagentskappe: ʼn Praktiese gids vir vryskutvertalers kos R210 (prys onderworpe aan verandering) en is slegs beskikbaar per bestelling. Om die boek te koop stuur ʼn e-pos aan Laetitia Sullivan na [email protected] of klik hier om dit aanlyn te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.