Boek: Prente by ’n uitstalling

Prente-by-n-uitstalling-voorbladPhilip de Vos
Illustrasies deur Piet Grobler

Nadat Moessorgski na ’n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874 ’n klavierwerk geskryf wat in 1922 deur Ravel georkestreer is en as gevolg van die orkesweergawe beroemd geword het. Philip de Vos het met sy verse dié werk gemoderniseer om dit meer toegangklik vir moderne lesers te maak, terwyl dit steeds die gevoel van hierdie klassieke meesterwerk behou. Die prettige en slim Prente by ’n uitstalling beeld die besoeker uit soos hy van die een skildery na die volgende beweeg.

Oor die outeur

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met ‘n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika.  As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ’n mier met opset doodgetrap nie.

Oor die illustreerder

Piet Grobler is ’n bekroonde illustreerder wat met sy kunswerke stories vertel. Hy het al meer as 80 boeke geïllustreer en illustrasiewerk vir verskeie tydskrifte en koerante gedoen insluitende Sunday Times, De Kat, Insig, Sarie en Taalgenoot Hy is senior dosent en kursusleier in Illustrasie aan die Universiteit van Worcester in England. Hy woon in Great Malvern, VK.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.