Boek: Professor Sabatina se wetenskapboek

Professor Sabatina-email

Elizabeth Wasserman

Professor Sabatina Atoom is Anna en Pip se ma in die Anna Atoom-boeke. Sy het hierdie boek geskryf oor alles wat kinders nog altyd wou weet oor wetenskap!

Hoe werk swaartekrag? Hoe bly ’n vliegtuig in die lug? Hoe werk magnete? Waarom dryf sommige dinge op water en ander sink? By elke onderwerp is daar ’n probleemstelling, dan ’n eksperiment (eenvoudig genoeg vir selfs die jongste lesers en met bestanddele wat geredelik in huise beskikbaar is), die wetenskaplike verklaring, toepassing in die alledaagse lewe en ’n “dink ’n bietjie” vraag wat lesers uitdaag om hulle nuwe kennis in te span.

Die professor se wetenskaplike wenke:

• Hou altyd jou oë oop en vra: hoe werk dit?
• Dink!
• Probeer verskillende maniere om ’n probleem op te los en stel dit op die proef.
• As een manier nie werk nie, probeer weer.

Oor die outeur:
Elizabeth Wasserman is ‘n patoloog in privaatpraktyk en buitengewone professor in die Afdeling Geneeskundige Mikrobiologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy was ‘n bydraer tot Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009), en is die skrywer van die gewilde Speurhond Willem en Anna Atoom-reekse, wat albei deur Tafelberg uitgegee word. Elizabeth woon saam met haar man, ook ‘n patoloog, en tienerdogter in Welgedacht, naby Kaapstad.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R190-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.