Boek: Prooi

Prooi.jpgFanie Viljoen

Fanie Viljoen het in 2014 twee opspraakwekkende tekste gelewer: Pleisters vir die dooies (oor ’n skoolskieter) en toe Uit (oor ’n gay seun se soeke na aanvaarding).

Nou, aan die begin van 2015 is hy terug met ’n groot knal. Prooi, sy eerste volwasse roman beloof weer om die lesers én die kritici regop te laat sit. Prooi is ’n sielkundige riller wat die leser stadig maar seker in sy verleidelike kloue kry … en voor jy weet, is dit te laat om te ontsnap.

Drie lewens raak onomkeerbaar inmekaar verstrengel:

  • Cody Young, die player, wat met losbandige seks desperaat op soek is na homself;
  • Owen Jooste, die hokvegter, met die drome, woede en jaloesie;
  • en tussen hulle staan Lauren Cooper, die beeldskone verleidster, wat op ’n pad van selfvernietiging beland.

Wie is uiteindelik die jagter, en wie die prooi? En wat gaan aan by die sinistere nagklub – Black Valentine?

Sluip daar moontlik nóg ’n jagter rond?

Die outeur:

Fanie Viljoen is reeds een van Suid-Afrika se heel beste verkopers. In afgelope twee jaar het sy naam meer as vyftig keer op Nielsen se topverkoperlyste verskyn.

Fanie is ’n Bloemfonteinse skrywer van meer as dertig kinder- en jeugverhale, waarvan talle met literêre pryse bekroon is.

Sy werke vir volwassenes was tot dusver beperk tot radiodramas, gedigte en kortverhale. Prooi is Fanie Viljoen se eerste volwasse roman.  Besoek gerus sy webwerf.

Uitgewer: LAPA-Uitgewers
Prys: R219,99*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.