Boek: Raai hoe lief is ek vir jou

raai hoe lief is ek vi rjou

Sam McBratney en Anita Jeram

2015 merk die 20ste herdenkingsjaar van die uitgawe van hierdie spesiale prenteboek. As jy iemand baie, baie liefhet, wil jy graag sê presies hoe jy voel. Maar soos Klein Neutbruin Hasie en Groot Neutbruin Haas ook moes leer, laat liefde hom nie maklik meet nie!

Die allerheerlikste boek om met kinders en ander geliefdes van alle ouderdomme te deel. Die Britse uitgawe was uit die staanspoor ’n internasionale sukses en sedert die hardebanduitgawe in 1994 verskyn het, is dit reeds in 22 tale vertaal en byna 28 miljoen boeke is verkoop.

Hierdie spesiale versamelaarsuitgawe het embossering, foelie en glanslaminering op die omslag.

Die boek is ‘n internasionale suksesverhaal. ‘n Boek wat nie net vir kinders bedoel is nie, maar vir geliefdes van alle ouderdomme. Een van die mees geliefde prenteboeke van alle tye, terug op populêre aandrang.

Oor die outeur:
Sam McBratney is die skrywer van een van die mees geliefde prenteboeke ter wêreld. Hy het die Bass Ireland Arts-prys, sowel as die Bisto Award twee keer gewen. Hy is ook die skrywer van die topverkoper You’re all my favourites. Hy woon in Ierland.

Anita Jeram se werk word wêreldwyd hoog aangeskryf en bewonder. Sy is ook die illustreerder van You’re all my Favourites en I love my little Storybook, wat sy ook geskryf het. Sy woon in Ierland.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R139-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.