Boek: Raaiselkind

Raaiselkind_cover_2017_front-002.jpgAnnelie Botes

‘n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig “mens” te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam – oppasma – met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot “Boetatjie” kan deurdring.

ʼn Fliek met dieselfde naam, gebaseer op die boek, word op 16 Februarie landswyd in teaters vrygestel.

Oor die outeur

Annelie Botes is in 1957 op die plaas Grootfontein in die Kammanassie naby Uniondale gebore. Sy was onder meer ʼn musiekonderwyseres en kerkorreliste. In 1994 begin sy aktief skryf en ‘n jaar later debuteer sy met die roman Trippel Sewe. In 1998 ontvang sy die ATKV-Prosaprys vir haar roman Klawervier.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R240,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mien ·

Het hierdie boek jare terug gelees. Aangrypend, hartverskeurend. Raak ‘n mens aan die hart.

E.K. die eerste ·

Ek lief Annelie Botes se boeke. Pynlik eerlik soos ook Tula, tula wat elke mens behoort te lees. Skokken,d maar spreek iets waaroor baie stilgebly word, sterk aan. (O heng of is dit nou Thula, thula? Nou nie by my boekraknie!) Sy is baie sleg behandel paar jaar gelede met outeursprys wat sy absoluut verdien het en wat teruggetrek is oor iets wat sy gesê het en natuurlike weer heeltemal uit evrband geruk is. Dit terwyl sy BAiE vir swart mense doen. Ondersteun haar, koop haar boeke.

Mien ·

Stem saam met jou E.K. Het self ook omtrent al haar boeke. Leen ook nie graag haar boeke uit nie. Te bang ek kry dit nie weer terug nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.