Boek: Raak handig met fossiele, klippe en minerale

Elizabeth Wasserman

Praktiese geologie: Raak handig met fossiele! en Praktiese geologie: Raak handig met klippe en minerale! is propvol interaktiewe pret en inligting.

Kinders kan eksperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ʼn klip se digtheid of maak ʼn vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ʼn kundige. Vryantwoordvrae moedig verdere denke en studie aan en die boeke gee lesers ʼn briljante insig tot die wetenskap van geologie.

Praktiese geologie: Raak handig met fossiele! en Praktiese geologie: Raak handig met klippe en minerale! deur Elizabeth Wasserman het onlangs by NB-Uitgewers verskyn. Dit is deur Alix Wood geïllustreer en die boeke is geskik vir kinders tussen ses en nege jaar.

Oor die skrywer

Wasserman is ʼn patoloog in privaat praktyk en buitengewone professor in die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Sy is die skrywer van Meerkatrestaurant (wat by Lapa Uitgewers verskyn het), was ʼn bydraer tot Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009), en is die skrywer van die gewilde Speurhond Willem-reeks, wat ook deur Tafelberg uitgegee word. Wasserman woon saam met haar man en tienerdogter in Welgedacht naby Kaapstad.

Prys: R145,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.