Boek: Ramaphosa – The man who would be king

cyril ramaphosaRay Hartley

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa ontvang krediet dat hy die ooreenkoms tussen die apartheidsregering en die African National Congress (ANC), die hart van Suid-Afrika se demokratiese Grondwet, gedryf het. Hy was die ANC se hoofonderhandelaar en die man wat een van die mees weerspannige regerings ter wêreld oortuig het om ʼn skikking te aanvaar gebaseer op een van die mees verligte handves van menseregte. Toe die ink egter op die Grondwet droog was, het Ramaphosa homself op die politieke kantlyn bevind. Voor die onderhandelinge was hy die hoof van die land se grootste Mynwerkersunie. Later het hy die sakewêreld betree en ʼn landmerk swartbemagtingsooreenkoms gesluit. Ramaphosa was nog altyd “die man in die middel”.

Met Jacob Zuma se presidentskap in die pylvak, het Ramaphosa weer die politiek betree en is hy een van ʼn handjievol kandidate om oor te neem as die president van die ANC én Suid-Afrika. Indien hy suksesvol sou wees*, neem hy ʼn land oor wat gebuk gaan onder jarelange korrupsie en wanbestuur wat onder Zuma floreer het. Die vraag wat almal vra is: kan die man in die middel van voor af lei? Ray Hartley, skrywer en gesoute joernalis, poog om dié vraag te beantwoord deur te kyk na hoe Ramaphosa die sleuteluitdagings in unies, sake en in politiek, hanteer het.

*Die boek is gepubliseer voor Ramaphosa op 18 Desember 2017 verkies is as president van die ANC. Hy neem die leisels oor by pres. Jacob Zuma.

Oor die outeur

Ray Hartley was ʼn administrateur vir die Kodesa-onderhandelinge, wat apartheid beëindig het. Hy het die ontvouende drama van die nuwe Suid-Afrika as politieke korrespondent gedek en het breedvoerig saam met Nelson Mandela en Thabo Mbeki gereis. Hartley is die stigtersredakteur van The Times en was die redakteur van Suid-Afrika se grootste koerant, The Sunday Times, vanaf 2010 tot 2013. Hy skryf ook Ragged Glory: The Rainbow Nation in Black and White en is ook redakteur van die essay-reeks How to fix South Africa.

Uitgewer: Jonathan Ball Publishers
Prys: R246,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke of by Takealot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.