Boek: Rampe wat SA geruk het

Chris Schoeman 

“Lees hierdie boek van Chris Schoeman, verstaan beter waar jy vandaan kom. Vind uit hoe ander met hul lyding of selfs lewe betaal het om ons wêreld te maak wat dit vir jóú ook is: beter, hopelik genadiger, en veiliger.”

Só skryf Willem Landman in die voorwoord van Ongekende ellende – rampe wat Suid-Afrika geruk het wat pas by Protea Boekhuis verskyn het. Die boek volg op Nêrens veilig – Twee eeue van Suid-Afrikaanse rampe wat in 2021 ook deur dié uitgewer uitgegee is.

Schoeman neem nog Suid-Afrikaanse rampe opnuut onder die loep. Hy sluit dié keer ʼn heel paar minder bekende voorvalle in en party wat amper heeltemal vergete geraak het. Dit is onder meer die pokke-epidemie (1713), die runderpes (1896), die Blaauwkrantzbrug-treinongeluk (1911), en die Groot Depressie (1933).

Oor die skrywer

In boeiende vertelstyl laat Schoeman met sy deeglike navorsing gebeure uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat nie durf verlore gaan nie, herleef én voortleef. Sy boeke sluit Churchill’s South Africa: Travels during the Anglo-Boer War, The Historical Karoo, Angels of Mercy: Foreign Women in the Anglo-Boer War, Brothers in Arms: Hollanders in the Anglo-Boer War, Vegter en Balling: Boereoorlog-ervarings van veldkornet Charles von Maltitz en Os: Die Outobiografie in. Rebel, die lewe van kommandant Hans Lötter het in 2019 by Protea Boekhuis verskyn.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R275,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC is by verre die grootste ramp.

Groen Ghoen ·

Vir seker! Die ellende wat die ANC bring is soos ‘n sneeubal. Dit tel nog spoed op…. hef aan wag nog vir ons.

Groen Ghoen ·

Ongetwyfeld. Die geskenk met al sy beloftes wat ons in 1994 ontvang het, blyk nou ‘n Trojaanse perd te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.