Boek: Ratels op die Lomba, die storie van Charlie-eskadron

Leopold Scholtz

Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die groep jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.

Op die Lomba het hulle nie net te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig nie, maar ook teen ’n terrein wat so dig bebos was dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie.

Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg op die Lomba. Scholtz se beskrywing van hierdie Dawid-teen-Goliat-geveg neem die leser na die hart van die aksie.

Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood en hoe die oorlog hulle nooit uit sy kloue gelaat het nie, selfs nadat hulle teruggekeer het.

Oor die outeur:
Dr. Leopold Scholtz is ’n oudjoernalis en die skrywer van sewe boeke, waaronder die gewilde Die SAW in die Grensoorlog (ook in Engels vertaal). Hy was tot 2007 adjunkredakteur van Die Burger en het daarna Media24 se Europese kantoor beman. Hy het in 2013 afgetree, maar skryf steeds gereeld analises oor die internasionale politiek vir verskillende publikasies. Scholtz is in 1997 gerekruteer vir die Reserwemag van die SANW en het by verskeie hoofkwartiere as stafoffisier (kaptein) gedien. Hy was van 1997 tot 2009 ook buitengewone professor aan die Universiteit Stellenbosch en is steeds ’n navorsingsgenoot daar.

Uitgewer: JonathanBall Publishers
Prys: R230-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daan ·

Mag ek iets anders vra ? Kan jy die konneksie tussen FW De Klerk en George Sorros navors en daaroor skryf .Ek verstaan dat Sorros die muslim intog na die weste finasier ion die agtergrond grond.

CJ ·

Leopold. Baie dankie dat jy met hierdie en ander boeke ‘n reuse bydrae maak om ons onlangse geskiedenis, veral t.o.v.die SAW, lewend te hou. Die prestasies wat die SAW in baie moeilike omstandighede behaal het, word nog heeltemal onderskat.

Basson ·

Baie waar. Net jammer die naiewe boere moes die CIA se veldtog vir hulle veg toe hulle, soos die geskiedenis al male sonder tal bewys het, iem anders met die warm patat gelos het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.