Boek: ‘Rautenbach-Malherbe Staatsreg (sewende uitgawe)’ – IM Rautenbach

IM Rautenbach

Rautenbach-Malherbe Staatsreg se sewende hersiene uitgawe het pas by LexisNexis verskyn.

In die voorwoord meld die skrywer IM Rautenbach dat hierdie boek gepubliseer word om aan sprekers van Afrikaans toegang tot staatsreg en menseregte in dié taal te gee.

Volgens Rautenbach kan enigiets wat oor staatsreg en menseregte te sê is, soos in enige ander taal ook in Afrikaans en op regswetenskaplike vlak gesê word.

“Geen taal kan die status van ʼn regswetenskaplike of onderrigtaal verwerf en behou indien daar nie in die taal geskryf en gepubliseer word nie.”

Die boek is in twee dele verdeel: inleiding tot staatsreg en die Suid-Afrikaanse Handves van Regte.

Deel een sluit in hoofstukke oor onderwerpe soos ʼn historiese oorsig, bronne van staatsreg, regstelsel, regspersoonlikheid, simbole en amptelike tale en plaaslike en provinsiale regerings.

In die tweede afdeling is die fokus onder meer op die toepassing van ʼn handves van regte, uitleg van wetgewing, beperking van regte, gelykheid, persoonlike vryheid en sekerheid, privaatheid en toegang tot howe.

Rautenbach-Malherbe Staatsreg (sewende uitgawe) kos R300 (prys onderworpe aan verandering). Die boek kan aanlyn bestel word by LexisNexis, Snapplify en Takealot.   

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.