Boek: Rebel: die lewe van kommandant Hans Lötter, 1873–1901

Chris Schoeman

Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook dié van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen. Lötter en sy mederebelle in die Kolonie het die verbeelding van die plaaslike bevolking aangegryp en die Britte maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur ’n Britse vuurpeloton op Middelburg, Kaap, het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as Boeremartelaar in die Afrikaner-volksoorleweringe. Nou word sy boeiende verhaal vir die eerste keer volledig vertel.

Oor die outeur

In boeiende vertelstyl laat Chris Schoeman met sy deeglike navorsing gebeure uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat nie durf verlore gaan nie, herleef én voortleef. Sy boeke sluit Churchill’s South Africa: Travels during the Anglo-Boer War, The Historical Karoo, Angels of Mercy: Foreign Women in the Anglo-Boer War, Brothers in Arms: Hollanders in the Anglo-Boer War, Vegter en Balling: Boereoorlog-ervarings van veldkornet Charles von Maltitz en Os: Die Outobiografie in.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R230-00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.