Boek: Recce

Recce_AfrikaansKoos Stadler

Die recce’s het nog altyd mense se verbeelding aangegryp, maar weens die sensitiewe aard van hul werk is daar min oor hierdie elite-eenhede van die Suid-Afrikaanse Weermag bekend. Nou vertel een van hulle van die naelbytaksie en dramatiese gebeure wat hy eerstehands in die Grensoorlog beleef het.

Die boek bied ’n onthullende blik op die lewe van ’n recce en hul amper bomenslike fisieke en geestelike uithouvermoëns. Die skrywer vertel ook aangrypend hoe sy vrese moes konfronteer en oorkom.

Oor die outeur

Koos Stadler is ‘n beroepsoldaat en voormalige recce met nege medaljes op sy kerfstok, waaronder die Honorus Crux (Brons) vir dapperheid. Hy het as lid van die Spesiale Magte se spesialisverkenningspanne, oftewel kleinspanne, vyf jaar lank talle hoogs gespesialiseerde strategiese operasies agter vyandelike linies uitgevoer.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R225.00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Frans Swart ·

Seker een van die beste boeke oor die destydse grensoorlog wat ek nog gelees het. Duidelike bewys van die kwaliteit soldate wat die land opgelewer het.

Pierre ·

Kan met trots sê, ek was in die beste weermag in die wereld, selfs die IDF sê ook so en die Amerikaners herken dit.

Roelf ·

Dit is seker n goeie boek as jy hou van “ekke ekke”. Dit is meer n lof prysing van die skrywer, hoe goed hy is en natuurlik waar hy ander in gevaar gestel het. Maar dit is my siening.

Gideon ·

Roelf het jy al agtergekom hoe daai ekke-ekke mense hul sienings die graagste laat hoor?

grotman77 ·

Gideon …. ek sou graag by een van jou braai’s n vlieg wou wees en jou war stories hoor…. Ten Minste kan Koos oor sy war stories praat en skryf… hy is n operateur en is n yster, man van manne …. so Gideontjie ons hoor graag jou meningtjie en siening hieroor

Sonet ·

Ek het die boek baie insiggewend gevind. Besit baie boeke oor die grensoorlog, asook” Tannie Pompie se oorlog”- dit was nie ‘n oppervlakkige, egoïstiese boek nie. Puik werk!

Michiel ·

Baie goeie boek. Koos Stadler is baie eerlik oor sy ervarings. ‘N MOET lees vir enige soldaat/oud soldaat!

Realis ·

Toe die “recces’ in die bos, (waar sy lewe nie veel werd was nie) geveg het onder haglike omstandige vir die voortbestaan van ons land, waar was die van julle so mildelik kritiek lewer?
Natuulik in die gerief van jou gemak sone. Daar is mos die wat die vuil werk kan doen terwyl jy veilig jou gang kan gaan. Jy wil van die koek eet maar is nie bereid om te help bak nie.
Soms wonder ek waarom ons as afrikaners nie meer volkshelde het nie. Die term “lafhartig” kom onwillekeurig by op.

Roelf ·

Realis, skaam vir jou naam? Teen die tyd wat Koos op die grens was het ek al jaar daar deurgebring en het ook al weer volgende kampe klaar gedoen.

grotman77 ·

Roelf…..jyt seker wag gestaan op jou kampe…. ek weet nie of besef wat n man als moet deurgaan om n operateur te word nie… so ek haal my hoed af vir die minder as 1300 recces wat dit gemaak het, hul het die meeste verliese in kontak gehad as enige ander eenhede en hul het by vere die meeste honorus crux verwerf as enige ander eenheid. so as daar n bietjie self roem is waarom nie… hul verdien dit…. i salute you koos van n para veteraan

grotman77 ·

Roelf jy was seker n logistieke of seiner ou wat elke aand steak geeet het en die regte manne ratpacks moes kou….. hoeveel kampe het jy wag gestaan by n depo… vra maar net…. jys sker een van die manne wat vandag recce stories praat by jou braais….

Herman ·

Ek het die boek baie geniet. ‘n Mens kry deesdae baie boeke geskryf deur voormalige Spesiale Magte soldate (bv. Seals, Delta Force, SAS, Selous Scouts ens.) maar dis die eerste wat ek van die Recces lees.

Wat ek gelaaik het in die boek is oa: opleiding vanuit die rekruit se oogpunt, spesifieke operasies soos Abduct; wat se rolle nie-blankes (veral Angolese) egspeel het en wat sy indruk van hulle was; die verskillende Recce regimente en wat elkeen se rol was en hoe hy saam met die spanning gelewe het.

Hy het ook heelwat tyd by 31 battaljon spandeer (Boesman soldate) en ek het nog nooit rerig iets van daai eenheid gelees nie.

Die is waar dat die boek oor die skrywer gaan (ekke, ekke ,ekke) maar vir my is dit doel van die boek om oor sy ervarings te vertel. Die is ook baie konsekwent met soortgelyke boeke wat ‘n mens van oorseese skrywers lees. As jy ‘n boek oor die grensoorlog, in geheel wil lees, sal ek baie sterk Leopolnd Scholtz se boek “SAW en die grensoorlog” aanbeveel.

Toe ek nog ‘n laaitie was, was die grens oorlog aan die gang, en soos elke Boereseun was ek baie trots op die SAW. Die boek het my laat besef dat my trots baie vanpas was. Ek hoop nog ex-Recce operateurs skryf hulle stories.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.