Boek: Redder van die ryk: Die donker eeu (Deel twee)

Mark Huckerby en Nick Ostler

Alfie het op 14 nie net koning geword nie, maar ook die Redder van die ryk. Ná die groot geveg tydens sy kroningsplegtigheid, dink Brittanje dit was die laaste sien van die Swart Draak. Alfie skuif sy redderpak opsy en gee aandag aan sy koninklike pligte. Hy moet leer om sy pa se skoene vol te staan.

Maar wanneer ’n bende Wikings uit die dood opgewek word, moet Alfie, Hayley en die hellebaardiers regmaak vir ’n epiese stryd wat die koninkryk in ʼn nuwe donker eeu kan dompel. Hulle is egter nie alleen nie – ’n paar onverwagte persone staan hulle by.

Avontuur- en fantasieliefhebbers, asook lesers wat in eeue oue tradisies, drake en monsters belangstel, sal dié boek geniet. Dit is die tweede boek in ’n aksiebelaaide trilogie.

Oor die outeurs en vertaler

Mark Huckerby en Nick Ostler skryf televisiereekse en boeke. Hulle het al Emmy-toekennings gewen en is vir die Baftas benoem. Van hul suksesvolste draaiboeke sluit Danger Mouse, Peter Rabbit en Shaun the Sheep in.

Die boek is deur Kobus Geldenhuys vertaal.

Genre: Jeugfiksie
Ouderdom: Agt tot 16 jaar
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R195,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae