Boek: Redder van die Ryk: Die koning se weermag (Deel drie)

Mark Huckerby en Nick Ostler

Alfie het op 14 nie net koning geword nie, maar ook die Redder van die Ryk. Ná die Redder se verlore stryd teen die Swart Draak, het Professor Lock en sy mag ondooie Vikings Brittanje oorgeneem. Die reusetaak om sy land weer terug te wen weeg swaar op die jong koning se skouers, en hy moet ’n weermag oproep om hom daarmee te help. Intussen voer Hayley ’n rebellie in Londen se agterstrate. Alfie maak staat op sy vriende se hulp om dié epiese stryd aan te pak.

Redder van die Ryk: Die koning se weermag is die laaste boek in ’n aksiebelaaide jeugtrilogie. Dit is geskik vir jong lesers tussen agt en 16 jaar.

Oor die outeurs en vertaler

Mark Huckerby en Nick Ostler skryf televisiereekse en boeke. Hulle het al Emmy-toekennings gewen en is vir Baftas benoem. Van hul suksesvolste draaiboeke sluit Danger Mouse, Peter Rabbit en Shaun the Sheep in.

Die boek is deur Kobus Geldenhuys vertaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.