Boek: Redelike twyfel

Redelike-twyfel-voorblad-002.jpgChris Marnewick

Manon Viljoen is ʼn jong advokaat en ywerige motorfietsryer. Sy word ingeroep om as amicus curiae die regter by te staan in ‘n moordsaak om ʼn regverdige uitspraak te lewer. Die beskuldigde is Charles Mouton, ʼn suksesvolle senior advokaat wat een oggend wakker word langs die bebloede lyk van sy vrou en van haar moord aangekla word. Hy weet nie wat gebeur het nie. Of so beweer hy. Hy weier om aan die verhoor deel te neem omdat hy glo die hof moet die waarheid soek. Dit val dus op Manon se skouers om die waarheid te soek en voor die hof te lê. Manon se aanstelling word bemoeilik deur die feit dat sy en regter Nantes Castel ʼn geskiedenis het. Die verhoor loop allerhande draaie terwyl Manon na redelike twyfel soek en terselfdertyd haar gevoelens vir Nantes bevraagteken. Stel hy nog belang, of terg hy haar sommer net?

Vind Manon die waarheid waarna sy soek ‒ oor die identiteit van die moordenaar en ook oor Nantes se gevoelens vir haar? Of is daar redelike twyfel?

Oor die outeur

Chris Marnewick het as senior advokaat afgetree en bly nou in Nieu-Seeland. Shepherds & Butchers was sy eerste roman en hy het op die kortlys verskyn van die M-Net Litêrere toekennings en die Sunday Times-toekennings en het die K Sello Duiker-prys gewen. Dit het in 2016 verskyn as In die laksman se skoot. Hy is ook die skrywer van Engelse titels The soldier who said No (2010), A Sailor’s Honour (2011) en die roman Clarence van Buuren: Knew the Words, but not the Music (2012) wat deur Protea Boekhuis gepubliseer is met die Afrikaanse vertaling daarvan Clarence van Buuren: Die man agter die donkerbril wat ’n jaar later verskyn.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.