Boek: Reeks vier vrouehelde in SA

Wendy Maartens

Vaandeldraers: Vrouehelde van Suid-Afrika vertel die verhale van 12 vroue wat as baanbrekers beskou word. Dit is vroue wat inspirasie vir elke vrou en meisie bied; hulle swem teen die stroom op en bemagtig ander.

Van bekendes soos Thuli Madonsela, Caster Semenya en Vanessa Govender, tot meer onbesonge helde soos Grizelda Grootboom en Suna Venter.

Met unieke, kleurvolle illustrasies deur Linki Brand, is dié reeks ʼn moet-hê vir elke jong leser. Die reeks bestaan uit vier boeke wat elkeen afsonderlik gekoop kan word, of in ʼn pragtige bokspak wat ʼn ware versamelaarsitem is.

Vaandeldraers: Vrouehelde van Suid-Afrika is ideaal vir klasgebruik en is geskik vir kinders 11 jaar en ouer.

Oor die skrywer

Wendy Maartens het op Worcester grootgeword, waarna sy op George skool gegaan en matriek behaal het. Sy woon tans op Melkbosstrand. Maartens is veral bekend vir haar hervertellings waarin sy nuwe lewe in bekende en geliefde verhale blaas en die klassieke stories vir jong lesers toeganklik maak. Sy is die skrywer en samesteller van boeke soos Sprokies en ander gunsteling-stories, Die mooiste dierestories, Eendag op ’n reëndag, Vertel vir my ’n storie, Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories, Towertapyt, Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo en Halala Job Maseko.

Prys: R125,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.