Boek: Reënboog in die sand

reenboog

Dirna Ackerman

Sanita het ’n geheim. Twee dekades gelede moes sy ’n baba afgee en ’n jeugliefde daarby. Maar sy’t aanbeweeg, getrou en ’n seun, Hanko, bygekry, en ’n lewe geskep saam met haar man. Hul gastehuis, Waaiwater, is haar lewe ná Markus se dood.

Maar nou wil alles inmekaar tuimel: Develcor het groot planne vir Sanita se rustige kusdorpie en hul bouery gaan haar besigheid lelik knou. En watter Develcor-indoena is daarheen gestuur om met Sanita te onderhandel? Einste Fourie Burger wat sy destyds so onwillig moes agterlaat, einste Fourie wat nog al die jare niks weet van hul kind nie…

Nou is Fourie hier, in haar gastehuis, en hul tienerjare se vonke is nog geensins geblus nie. Maar hoe gaan die twee mekaar weer vind en verby die lang jare se verswyging kom, tussendeur die hele Develcor-drama, Hanko se weerbarstige-tiener-probleme en Fourie se skok oor die onverwagse nuus dat hy iewers ’n mondige seun het?

Oor die outeur:
Dirna het in 2000 in die ouderdom van 50 vir die eerste keer begin skryf. Die jaar daarna het haar eerste liefdesverhaal verskyn. Sy is versot op die lees van liefdesverhale en sy glo in hul helende krag. Dirna is getroud en het twee volwasse seuns. Sy bly in Brackenfell.

Uitgewer: Tafelberg, Melodie
Prys: R94-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.