Boek: Regte-egte rampe en raaisels

Susan Martineau

Regte-egte raaisels en Regte-egte rampe stel ondersoek in oor van die grootste kopkrappers in die geskiedenis, asook hoekom sekere rampe gebeur het.

Regte-egte raaisels

In Regte-egte raaisels kan jy lees oor die grootste kopkrappers in die geskiedenis. Die raaisels wat ondersoek word, wissel van narige, harige gediertes, vreemde vlieënde voorwerpe tot monsters uit die dieptes. Lees die verstommende stories oor die raaisels en kyk dan na elkeen se raaiseldossier met feite oor wat regtig gebeur het. Boonop is daar by elke raaisel ‘n nuwe raaiselwoord. Sommige van die raaiseldossiers verskaf selfs wenke vir jou eie opvolgondersoeke!

Regte-egte rampe

In Regte-egte rampe word ondersoek ingestel om uit te vind hoekom sekere rampe gebeur het en hoe dit in die toekoms voorspel en verhoed kan word. Die rampe wat ondersoek word, wissel van reuse-uitbarstings, die dinoramp tot vreesaanjaende mensgemaakte katastrofes. Lees die verstommende stories oor die rampe en kyk dan na elkeen se rampdossier met feite oor wat regtig gebeur het en volg in die voetspore van kenners. Jy kan dalk aan nog ’n ramp dink om te ondersoek en jou eie rampdossier saamstel!

Oor die skrywer

Susan Martineau skryf kreatiewe en opvoedkundige boeke vir kinders en het meer as 20 jaar se ervaring in die uitgewerswese. Martineau het al in verskeie dele van die wêreld gewoon, insluitend Holland en Frankryk. Sy woon tans in Londen.

Genre: Kinder- en jeugfiksie
Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R175,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.