Boek: ‘Reisgenote’ – Joanita Erasmus-Alt

Joanita Erasmus-Alt

Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel Die reisgenoot wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof. HP van Coller). Reisgenote het pas by Naledi Uitgewers verskyn.

Ingesluit by hierdie bundel is ʼn CD waarop verhale voorgelees word met musiek wat deur Joanita Erasmus-Alt self gekomponeer is. Dit word deur Christo Olivier, ʼn bekende omroeper en rugbykommentator, voorgelees.

As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies by Erasmus-Alt se eie verhale aansluit. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.