Boek: Rewolusie van die hart

rewolusie-3deur Adriana Faling

Die Egiptiese vrou Saleh Samir se fanatiese Moslem-familie hou haar man, Ashraf, gevange na hul bekering tot die Christendom. Sy is swanger met hul eerstelingseun en die familie dreig om die baba by haar af te neem, maar sy ontsnap. Saleh is nog jonk in die geloof en dit word ‘n reis van vertroue in haar nuwe Verlosser.

In dieselfde tyd is die Suid-Afrikaners Salome Pretorius in ‘n innerlike stryd gewikkel om vrede te maak met haar man, Petrus, se roeping om die vervolgde kerk in die Midde-Ooste en veral dan ook Egipte, te dien. Sy beroep veroorsaak dat Salome dikwels op haar eie haar huishouding en beroep as musiekonderwyseres moet balanseer, terwyl sy haar man se roeping voortdurend moet verdedig. Gelukkig help haar vriend Dirk haar soms uit …

Deur ‘n goddelike sameloop van omstandighede kruis Saleh se pad met die van Petrus Pretorius. Teen die spannende agtergrond van die rewolusie in Egipte van 2011 raak hul wêrelde met mekaar verweef.

Dit is die verhaal van dramatiese hartsveranderinge terwyl die wêreld rondom die hoofkarakters, op sy kop gekeer word.

Oor die outeur:
Adriana Faling is’n gewilde aktrise wat al in vele sepies te siene was, onder meer Egoli (Tessa), Onder draai die duiwel rond (Dot), Song vir Katryn (Ans), 7de Laan (Yvette), Hart van Staal (Claudette), Binnelanders (Nanette), Geraamtes in die kas (Zelda). Adriana was al die voorbladgesig op verskeie tydskrifte waaronder Sarie, Rooi Rose, Vrouekeur en Lig. Vanaf 2000 tot 2008 het sy by Radio Kansel as film- en vermaakresensent gewerk.

In 2002 behaal sy die eerste en derde plek in die NALN se nasionale kortverhaal skryfkompetisie met twee van haar kortverhale. Sy en haar man is sedert 1998 betrokke by die ondersteuning van sendelinge in groot dele van die wêreld asook die vervolgde kerk. Hulle is betrokke by die mobilisering van die kerk in Suid-Afrika deur instansies soos Inkonteks bediening.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R159-00*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.