Boek: Riempies en Rampies

Ken-Jou-storie-1.jpg

Die wenners in die kategorie vir lesers van 4 tot 6 jaar kategorie is Bennie en Elanie Buys met hulle boek, “Riempies en rampies”.

Bennie en Elani Buys

Aros en PretoriaFM stel met trots die eetse wenboek van die “Ken Jou Storie” 2017 kompetisie bekend.  Bennie en Elani Buys se boek, Riempies en Rampies, is geskik vir kleuters 4 tot 6 jaar.  Die illustreerder van die boek is Ruan Smith.

Die storie

Wanneer Riempies en Rampies mekaar ontmoet, ontaard dit in ‘n groot gestoeiery. Wat hulle nie besef nie is dat hulle kort-kort aan Koningin Rooiby en haar manne se nes stamp.  Die Rooibye werk elke dag baie hard, maar nou word hulle net té veel gepla.

Uitgewer: Fontein Uitgewery
Prys:  R150*
*Prys onderhewig aan verandering

Boek is beskikbaar by direk by Fontein Uitgewery of Boekenhout Boekwinkel

Het jy nog altyd daarvan gedroom om ʼn kinderboek te skryf en uit te gee? Hier is jou kans! Gaan skryf in vir 2018 se “Ken Jou Storie”-skryfkompetisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.