Boek: Robbie Ramkat, die bal van Bil Jart

Robbie-Ramkat-Die-bal-van-Bil-JartMarc de Bel

Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek ’n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat – op sy dag die “Kampioenkat van die Jaar” – nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower.

Die bal van Bil Jart is die tweede boek in die geïllustreerde reeks van Marc de Bel. Kieta, Robbie se vriendinnetjie, gaan trek. Haar eienaar moet die huurhuis verlaat omdat hy nie geld het om dit te koop nie. ’n Groot jammerte, want dit hoef glad nie ’n probleem te gewees het nie. Die man besit iets baie waardevol: die bal van Bil Jart, ’n unieke tennisbal met ’n handtekening daarop. Hierdie kosbare bal is egter gesteel. Kieta is raadop… en Robbie is reg vir aksie.

Oor die outeur

Marc de Bel was jarelank ’n onderwyser wat aan sy leerders fantasievolle verhale vertel het wat hy ook dikwels self illustreer het. Sy eerste boek Het ei van oom Trotter is bekroon met die Kinder- en Jeugdjury voor het Boek in Vlaandere. In ’n kort tyd word hy een van die mees populêre skrywers in Vlaandere. Marc de Bel is besonder lief vir kinders en kies in sy boeke graag die kant van die kinders en hulle kreatiewe moontlikhede, talente en fantasie.

Oor die illustreerder

Frieda Van Raevels gradueer met ’n meestersgraag in Animasie van RITS in Brussel, België. Sy werk as ’n vryskut illustreerder wat fokus op kinderboeke met diere as hoofkarakters.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R195,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae