Boek: Robbie Ramkat, katskenades onder die volmaan

Robbie-Ramkat-KatskenadesMarc de Bel

Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek ’n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat – op sy dag die “Kampioenkat van die Jaar” – nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower.

In die eerste boek in die reeks, Katskenades onder die volmaan, ontmoet die jong leser die lekkerbek Robbie Ramkat, sy mooi vriendinnetjie Kieta, die gevaarlike labrador Bamboes en die brandmaer rot, Vaalwillem.

Ten spyte van die ekstra gewig wat hierdie eks-kampioenkat opgetel het, wink avontuur nog steeds om elke draai. Kort voor lank is hy weer kaatjie van die baan. Veral as sy vriendinnetjie Kieta op die toneel verskyn! Dan is geen muur te hoog, geen spruit te breed, geen see te diep, geen plek te ver, geen rondloperhond te groot, geen braaiwors te warm nie…

Oor die outeur

Marc de Bel was jarelank ’n onderwyser wat aan sy leerders fantasievolle verhale vertel het wat hy ook dikwels self illustreer het. Sy eerste boek Het ei van oom Trotter is bekroon met die Kinder- en Jeugdjury voor het Boek in Vlaandere. In ’n kort tyd word hy een van die mees populêre skrywers in Vlaandere. Marc de Bel is besonder lief vir kinders en kies in sy boeke graag die kant van die kinders en hulle kreatiewe moontlikhede, talente en fantasie.

Oor die illustreerder

Frieda Van Raevels gradueer met ’n meestersgraag in Animasie van RITS in Brussel, België. Sy werk as ’n vryskut illustreerder wat fokus op kinderboeke met diere as hoofkarakters.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R195.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.