Boek: Robey Leibbrandt – ’n Lewe van fanatisme

Albert Blake

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser Robey Leibbrandt is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi’s op ’n epiese tog in ’n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur.

Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi’s en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om ’n sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp.

Leibbrandt het ’n aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang.

Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.

Oor die outeur:
Albert Blake is ’n gewilde niefiksieskrywer wat al meer as ses boeke die lig laat sien het, waaronder die topverkoper Boereverraaier. Hy is in 2014 deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Louis Hiemstra-prys bekroon vir Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer. Sy werke was ook al op die kortlyste vir die kykNET/Rapport-prys, ATKV-Woordveertjies en South African Literature Awards. Hy is ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit aan die Vrystaat en praktiseer as prokureur in Gauteng. Hierdie is sy sewende boek.

Uitgewer: Jonathan Ball Uitgewers
Prys: R260-00
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

B ·

Ossewabrandwag – as ek reg onthou was BJ Vorster ‘n lid?

Die Volksraadsitting waar daar besluit was om betrokke te raak by die Tweede Wereld oorlog aan die Gealieerdes se kant was ook maar redelik ‘bewimpel’ gewees.

Haan ·

Wat n legende. Leibbrandt en Fritz Joubert Duquesne is twee manne met ongelooflike lewensverhale wat relatief onbekend is onder die Afrikaner

schaun ·

Was hy familie van die leibbrandt kêrel in Pretoria wat die polisieman met n glas in die oog gesteek het en toe tronk toe is vir al die aanranding sake teen hom?

Attie. ·

Ossewa Brandwaf word deur meeste menste gelyk gestel aan ‘n tipe van AWB wat poskantore opgeblaas het. Waarheid is dat dit ‘n Afrikaanse kultuurorganisasie was, voorste Afrikaanse persone het daaraan behoort oa. Adv John Vorster, Ons laaste Goewerneur Generaal se vrou, die skrywer Sangiro en nog vele meer. Die regse vleuel van die OB het begin om poskantore op te blaas om Genl. Smuts te foseer om die weermag in SA te hou. Aangesien Smuts hom ten doel gestel het om SA magte front toe te stuur om daar as kanonvoer te dien vir Britanje. Die OB het ook in sy doel geslaag want die regering kon nie elke man oorlog toe stuur nie. Genl Smuts was deur die OB beskou as ‘n verengelste leier en hy was ook die enigste Suid Afrikaner met ‘n Britse rang nl Veldmaarskalk. Die waarheid is dat die Ossewa Brandwag vir Suid Afrika was en Genl Smuts, die dapper 2 de Vryheidsoorlog Generaal, was uit en uit pro Brits, Genl Smuts het selfs Engels as huistaal aanvaar,.Ek besit vadag my pa se lidmaatskapskaart van die OM en ek is baie trots daarop.

Attie. ·

Robey Leibrandt was uit en uit ‘n terroris wat ten doel gestel het on Genl Smuts te vermoor en sy opdragte het direk uit Duitsland gekom. Hy het die OB misbruik en wie het die skuld gekry vir die terrorisme gepleeg deur hom en sy makkers…die OB. In my hart soos in baie Afrikaner harte was ons aan hulle kant eerder as aan die Engelse kant. Afrikaner leiers was daardie jare geweldig teen die Ossewa Brandwag omdat Dr Malan gereken het die OB verklein die NP se kanse om die Engelse van Genl Smuts uit te stem. Wat die OB asook die Leybrandt vleuel gedoen het was vir Suid Afrika. Ek salueer hulle.

Attie. ·

Afrikaners was geweldig verleë oor werk gedurende die oorlogsjare en die Engelse mynbase het die Afrikaanssprekendes aangemoedig om aan te sluit by die weermag as vrywilligers. Die wat nie aangesluit het nie of aan dieOB behoort het is ontslaan uit hul poste op die Randse myne. Dit slaan my vandag dronk dat sovele Afrikaanses steeds agterdie Engelse aanhardloop veral tydens verkiesings, volgens my beskeie mening is dit omdat die Afrikaner se ware geskiedenis na die Tweede Vryheidsoorlog tot Republiekwording, nie aan kiesers bekend is nie. Dr Malan het die OB gehaat omday hy geglohet die OB sy kanse in sie volgende verkiesing benadeel het en Genl Smuts van die VP het uit die aard van die saak geen ooghare vir die Ob gehad nie en die twee vername leiers het die hele SA Pers beheer. Geen mens het ooit iets goeds van die OB gelees nie en mense glo wat hulle in koerante lees. Vandag nog.

Valerie ·

Wel, steeds verheug Nazi-Duitsland is verpletter deur die “Allies.” Hierdie Leibbrandt is nie ‘n held nie. Tel ek ‘n anti-Joodse sentiment op? Sies.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.