Boek: Romeine – hartklop van die evangelie

Andrie du Toit

Kenners is dit eens: Geen ander brief het ʼn groter invloed op die kerkgeskiedenis gehad as Romeine nie. Telkens wanneer die kerk van die hart van die evangelie begin wegdwaal het, was Romeine daar om hulle weer terug te roep. Geen ander brief spel die evangelie van God se genade heerliker uit nie en geen ander brief bied meer bemoediging of vertroosting nie.

In die Bybelstudie Romeine – hartklop van die evangelie bespreek Andrie du Toit oor 10 weke Paulus se brief aan die Romeine.

Elke week bied die volgende:

ʼn Voorskou met punte wat oor die volgende 7 dae bespreek sal word

Indiepte-besprekings oor die volledige Romeine-brief

ʼn Terugblik met ’n kort opsomming van die hoofpunte wat die week ontdek is

Wenke vir ʼn Bybelstudiegroepe

Romeine – hartklop van die evangelie is ideaal vir individue, asook groepe en sal lesers help om te ontdek hoe hulle die tydlose boodskap van Romeine vandag nog kan uitleef.

Oor die outeur

Andrie du Toit (1931-2018) het bekend geword deur sy werk as predikant, professor in Nuwe Testament, rubriek­skrywer vir Godsdiens-Aktueel en deur sy radiopraatjies vir “Wat sê die Bybel?”.

Hy het sy doktorsgraad aan die Univer­siteit van Basel in Switserland behaal onder beroemde geleerdes soos Oscar Cullman en Karl Barth. As wetenskaplike word hy nasionaal en internasionaal gerespekteer. Onder die toekennings wat hy ontvang het, tel die Totiusprys en ʼn eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria.

Hy het meer as 120 wetenskaplike publikasies in plaaslike en oorsese vaktydskrifte gepubliseer. Hy is in 2008 as president van die internasionale vereniging van Nuwe-Testamentici verkies – die eerste persoon van die Suidelike Halfrond wat hierdie eer te beurt val.

Uitgewer: CUM Boeke
Prys: R190,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet ·

Daar is net een evangelie nl die koms van die Koningkryk van ons Vader op hierdie aarde soos beloof aan Abraham, Isak en Jakob. Lees die 4 evangelies en nie Paulus alleenlik nie.

Onse Vader wat in die Hemel is, laat U naam geheilig word, LAAT U KONINGKRYK KOM!

Niemand wil hieroor preek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.