Boek: Rooi: Waarom boelies nie snaaks is nie

Jan De Kinder

Tobie bloos bloedrooi oor die kleinste dingetjies – en dít maak hom die skoolboelies se maklike prooi. Hoe help jy jou maat as jy sélf bang is die boelies kom jou by?

ʼn Besonderse verhaal oor waarom boelies nie snaaks is nie, en hoe om jou maatjie te help wat geboelie word.

Oor die outeur en illustreerder

Die Belgiese skrywer en kunstenaar Jan De Kinder het in 2002 gedebuteer met die prenteboek Mathilde. Sedertdien is sy werk al in 14 tale vertaal. Naas skrywer, kunstenaar, spreker en voorleser is Jan ook ʼn passievolle eenwielfietsryer met belangstelling in professionele hansworsery, sirkus, improvisasie en straatteater. Sy gunstelingkleur is rooi – in elke denkbare skakering. Hy woon in die Vlaamse stad Tienen saam met sy vrou, drie dogters en ‘n mannetjieskat.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae