Boek: Rose – Die Suid-Afrikaanse groeigids vir al vier seisoene

roseboekNan Steyn

In Rose – die Suid-Afrikaanse Groeigids vir al 4 seisoene word elke afdeling van roosverbouing volledig bespreek, met maklike, praktiese raad en wenke asook die moontlike slaggate. Die boek se toeganklike skryfstyl maak dit ’n ideale boek vir beginners, maar dit is veral toegespits op die gewone tuinier wat dalk net ’n paar, of vir die eerste keer, rose wil plant.

Die klem van die boek word geplaas op die bewaring van die omgewing en gesonde organiese verbouingspraktyke m.a.w. neem eers die natuur in ag voordat daar besluit word op sekere werkswyses.

Oor die outeur:

Nan Steyn is lid van die Wes-Kaapse Roosvereniging en daarmee ook lid van die Suid-Afrikaanse Roosvereniging (ROSA). Sy was in die verlede ook ’n lid van die American Rose Society (ARS).

Nan is die laaste 20 jaar intensief besig met roosverbouing en deur rose te bestudeer, die bywoning van rooskonferensies en uit jarelange ondervinding het sy ongelooflike kennis opgebou oor rose en hulle behoeftes.

Gedurende die laaste paar jaar was sy betrokke by die aanplant, algemene versorging, voeding en snoei van ’n gastehuis se plukrose in Swellendam, haar tuisdorp. As gevolg van haar passie vir en kennis oor rose word sy gereeld deur tuinbouverenigings en individue genader vir raad oor rose.

Ook in Engels beskikbaar as Roses – the South African growing guide for all 4 seasons.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R244,99*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.