Boek: Rudie van Rensburg se ‘Monster’

Rudie van Rensburg 

Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester se lewe torring los toe sy verhouding met Sarah Theron eindig. Dit bring hom by ʼn kruispad, en hy sluit aan by die Kaapse tak van Mercurius, ʼn gesiglose steunpilaar van die CIA.

Intussen word ʼn wêreldbekende Saoediese joernalis in ʼn konsulaat in Istanbul vermoor, met ʼn Suid-Afrikaanse joernalis as onwillige ooggetuie. Hy besef hy hou dinamiet in sy hand vas. Maar as hy sy kaarte reg speel, wen hy dalk ’n sorgelose nuwe lewe.

Gevolge van dié joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Saoediese agente en ʼn siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.

Monster deur Rudie van Rensburg word deur NB-Uitgewers uitgegee.

Oor die skrywer

Van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy het sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad begin, was medestigter en uitgewer van Bloemnuus en later redakteur van Die Ekonoom. In 1987 het hy Kaap toe verhuis. Sy skilderye is plaaslik en oorsee in versamelings opgeneem.

Sy romans sluit in Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze, en die komiese romans Hans steek die Rubicon oor, Hans gee Herklaas horings en Hans bars die bioborrel.

Prys: R320,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

Goeie skrywer, het al ‘n paar van sy boeke gelees vandat ek besluit het om meer van ons Afrikaanse skrywers te lees. Ouens soos Rudi, Deon Meyer en Leon van Nierop hoef nie ‘n duim terug te staan vir die bekende oorsese skrywers nie (wel, Deon Meyer is nou al wereldwyd gewild). Selfs nou al 2 van Steve Hofmeyr se boeke gelees, heel goed. Ek probeer ook boeke lees van anderstalige skrywers soos (Spaanse, Holandse, Italiaanse, Franse skrywers). Dis ‘n goudpot wat nog nie ontdek is nie want almal staar hulle blind op die gewilde Engelse skrywers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.