Boek: ‘Rut en Boas – ʼn liefdesverhaal’

Barend Vos

Rut, ʼn Moabitiese vrou word op jong ouderom ʼn weduwee. Wanneer haar skoonmoeder, Naomi, self reeds ʼn weduwee, terugkeer na Bethlehem waar sy en haar mense vandaan gekom het, volg die jong vrou haar met dié bekende woorde: “Waar u gaan, sal ek gaan, en waar u bly, sal ek bly. U volk is my volk, u God is my God.”

Op verskeie maniere is hierdie verhaal ook herkenbaar in die moderne samelewing. Vooroordeel jeens vreemdelinge het toe reeds afstand tussen mense geskep. In Bethlehem vind Naomi haar ou woonhuis en grond beset deur Boas en sy moeder Ragab – dié Ragab wat ʼn rooi tou uit Jerigo se muur laat hang het. Tog is dit juis Ragab se skarlakenverlede wat haar uit empatie die prostitute buite Bethlehem se poort laat voed.

Oor alles heen waak die oudstes met hulle eie agenda, wat neerkom op selfverryking en onregmatige bevoordeling. Ondanks hierdie onderstrominge triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas.

Barend Vos herskep dit met eietydse dialoog en ʼn sensitiewe aanvoeling vir die menslike psige, wat van hierdie Bybelse figure onthoubare individue met hulle deugde én ondeugde maak.

Oor die skrywer

Vos is ʼn bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met ʼn  ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot fiksie en romans met Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.

Prys: R230,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.