Boek: Saartjie Omnibus 8

Bettie Naudé

In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avontuur voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en ʼn koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan ʼn groot kompetisie wat ʼn reis na Amerika as prys aanbied.

Oor die skrywer

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Genre: Kinder- en jeugfiksie
Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R160,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.