Boek: Sal Lily haar Tretchikoff opspoor?

Anita du Preez

Lily, pas geskei en nie meer ʼn skilder nie, het gegaan van galerykurator tot ontwerper by Exotic Tattoos in Vishoek. Sy is ʼn groot Tretchikoff-aanhanger, wat sy nie by Galerie Zeitgeist hardop kon sê nie. Dan ontmoet sy haar Russiese buurman. Voor jy “Tretchi” kan sê, sit sy met ʼn kosbare vrag op ʼn vlug Kazakstan toe. Lily kry g’n enkele Tretchikoff daar nie, net ʼn verwarrende soen. Terug in Vishoek begin sy weer skilder, want môre kom dalk te laat.

Oor die skrywer

Anita du Preez is in Port Elizabeth gebore. Sy het in die visuele kunste studeer en aan Unisa haar honneurs- en meestersgraad met lof verwerf. Du Preez het lesers al telkemale met haar lekkerlees-skryfstyl bekoor, sowel as met haar subtiele, dog skreeusnaakse kommentaar oor alle soort verhoudings waarmee veral vroue gekonfronteer word. Sy woon in Kaapstad.

Prys: R260,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.