Boek: Sandveldstories

Ferdinand Deist

Sandveldstories is ʼn keur uit Ferdinand Deist se gewilde kontreistories uit Pofadder en Peddelford, Die pomporrel-kônsert en Bom Appeltiet op Eselspoort wat onlangs op RSG voorgelees is.

Die stories, geskryf in tipiese streekstaal, handel oor ʼn unieke wêreld en sy mense, sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is.

Oor die outeur

Ferdinand Deist (1944–1997) was ʼn professor in teologie aan die universiteite van Suid-Afrika en Stellenbosch. Hy is bekend vir sy komiese kontreistories oor die Sandveld en sy mense wat in Pofadder en Peddelford (1987), Die pomporrel-kônsert (1988) en Bom Appeltiet op Eselspoort (1989) gebundel is.

Uitgewer: Tafelberg Uitgewers
Prys: R220,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.