Boek: Sanri Steyn: Die geraamte se geheim

Theresa van Baalen

Daar is ’n nuwe seun in Sanri en Markus se klas en hy het ’n buikspraakpop wat soos ’n geraamte lyk. Is Bennie Bene regtig net ’n pop? Is Jamahl werklik só ’n goeie buikspreker? Superjoernalis Sanri Steyn stel ondersoek in toe Bennie Bene een aand verdwyn.

Sy skrik nie vir ’n geraamte nie.

Oor die skrywer

Theresa van Baalen woon al vir bykans 30 jaar op Port Nolloth, maar het tydelik verhuis na Hermanus ter wille van haar jongste seun se hoërskoolloopbaan. Sy het op nege al besluit dat sy ’n skrywer gaan word. Dit het gebeur nadat sy Enid Blyton se The Secret Seven gelees het. Sy is al met ATKV-kinderboektoekennings vereer en het die Tienie Holloway-medalje vir haar eerste prenteboek ontvang. Sy bly graag kreatief besig met kuns en handwerk.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R140,00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.