Boek: Sarah du Pisanie Omnibus 10

sarah du pisanie

Sarah du Pisanie

In Die Suidwestertjie moet Sarie Wessels ’n maand lank waarneem as sekretaresse van die hovaardige en snobistiese Hugo Kritzinger; baie gou wil sy bedank, maar sy hou nie rekening met haar hart nie.

In Dierbare drosters word die skatryk Barend von Throtha ewe skielik opgesaal met vyf wesies, almal meisiekinders. Hul skielike verdwyning en – byna terselfdertyd – die verskyning van ’n pragtige meisie krap sy lewe verder deurmekaar.

En in ’n Nooi vir Omdraaikans doen Mariet Fourie haar as iemand anders voor wanneer sy ’n betrekking by dr. Kobus Liebenberg aanvaar. Maar kort voor lank begin die aantreklike Kobus vermoed dat sy nie is wie sy voorgee om te wees nie.

Oor die outeur:
Sarah du Pisanie het al meer as 30 liefdesverhale gepubliseer, en skryf steeds nuwes. Sy woon op Olifantshoek.

Uitgewer: Jasmyn
Prys: R210-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.